Search


Basic |  Guided |  Advanced |  Tips


    Full Details


Somerlandskap
(Summer Landscape)

Item date(s): 2010

Flip Hattingh


Medium: Paper
Size: 200mm x 18m
Technique: Paint
Edition: Unique

Type: Scroll

Place publication: (Johannesburg, RSA)
Publisher: The artist

Reference note:
The following text accompanies the work:

'somerlandskap’ is ‘n boekrol, die formaat vir ons suid-afrikaanse uitgerekte landskap en sou miskien kon dui op ‘n mistiese eerder as ‘n reële benadering van boekmaak.

en ‘n vlag wat die beweging van wind oor velde suggereer somerlandskap is tien keer wyer as wat ek lank is want dis absoluut noodsaaklik om iets groters as die self te erken.

dis gevleg van dun karton wat in repe geskeur is - die vleg word soos meditasie, soos gebed.

die repe herinner sterker aan die organiese as wat reguit lyne sou. (buitendien kry reguit lyne hopeloos te veel onverdiende respek).

aan elkeen van die twaalf rytjies is ‘n nootwaarde toegeken, linkerhand groen, regterhand blou, en die note wat nie inpas nie - in pienk en rooi en bruin.

alles kleure van die tradisionele landskap - veral die geverfde landskap. die patroon is gebaseer op die musiekstuk ‘dance of the flowers’ deur tchaikovsky.

daar is geen manier waar ek nog ‘n boom of nog ‘n berg sou kon teken nie, daarvan is die suid-afrikaanse skildergeskiedenis te vol.

dus gebruik ek musiek, wat in aard abstrak is, om ‘n abstrakte patroon op te bou wat dien as landskap - die note verleen integriteit aan die patroon, dit maak die abstraksie sinvol en nie net ‘whimsical' nie.

die woorde is van ‘n hooghollandse gesang wat die somer gedenk - ‘n fonds uit my ouma se hangkas wat ek geërf het.

en die letters, omdat dit moeilik leesbaar as woorde en sinne is, dien eerstens as sketse van vorms soos wat mens dit in 'n landskap sou aantref - die lyn van 'n grashalm, die vorm van 'n tak.'

Paper and paint on paper. Metal and wood handle

200mm x 18m

Exhibition notes:
Included on the exhibition 'Transgressions and Boundaries of the Page', exhibited at WOORDFEES 2010. Archive Room in JS Gericke Library, University of Stellenbosch, 1st - 6th March 2010; The Gallery of the North-West University, Potchefstroom Campus, 15th April - 13th May 2010; the FADA Gallery, Faculty of Art Design and Architecture, University of Johannesburg, 12th - 30th July 2010.

Ref: DP/10051








Images courtesy Wessie van der Westhuizen NWU




© Jack Ginsberg Centre for Book Arts (JGCBA). All rights reserved.